Episodes

  • Voëls, Buste en die Blou Reshuffle
    Jun 24 2026
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/voels-buste-en-die-blou-reshuffle/

    Colene is in die Kaap. Die land van melk en heuning.

    Die DA het ook so 'n belofte gemaak. Hierdie week het hulle net besluit party mense kry die melk, party kry die heuning, en party kry die deur. Steenhuisen is gedemote, ander is geskuif en ander is weg. Dis nie 'n reshuffle nie, dis 'n statement.

    Dan die navorsing.

    Colene het die syfers. Watter lande het die grootste borste? En watter lande het die grootste penisse? Nou weet jy presies watter vlug jy moet bespreek.

    En Peet Viljoen? Amerika was net die hors-d'œuvre. Hier in SA kry hy die ware Jakob. SA se grense loop al oor van mense wat nie gevra was om te kom nie, en nou begin hulle self wegloop, want die land van melk en heuning lyk anders van naby af.

    Dis DA en data.
    Dis Peet en mense wat pad gee.
    Dis Otto en ander groot ontdekkings.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    53 mins
  • Ons is nie kwaad genoeg nie
    Jun 17 2026
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ons-is-nie-kwaad-genoeg-nie/

    Dis 50 jaar sedert Soweto se strate gebrand het, sedert kinders in skooluniforme besluit het dat genoeg genoeg is. Ons het 'n insert oor 16 Junie 1976 en wat regtig daar gebeur het. Hulle was kwaad. Is ons vandag kwaad genoeg?

    Matthys was in die platteland en ontnugter oor hoe dit daar lyk. Dit gaan nie oor verval as 'n statistiek nie, dit gaan oor hoe 'n land lyk as niemand kwaad genoeg is nie. Colene se water vertel dieselfde storie. Vuil. Nie per ongeluk nie. Vuil op 'n manier wat sê: ons het gewoond geraak. En dit is 'n gevaarlike plek om te wees.

    Ons verwag meer van die DA, want hulle het ons meer belowe. Al hoeveel jaar lank. Nog 'n eier op die gesig is nie net embarrassing nie, dit is genoeg.

    En Elon Musk is ryk. Nie net ryk nie, "rykste-mens-op-aarde" ryk. Die soort ryk waar jy in jou leeftyd nie die geld sal kan gebruik nie. Ons "tril" 'n bietjie. Soos mens doen.

    Dis vuil water en beloftes.
    Dis die kwaad wat ons skuld aan daai kinders in uniform.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    55 mins
  • Renosters, Recovery en Rage Applying
    Jun 10 2026
    Hierdie week se KLETS begin met twaalf stappe. Die wêreld het nog nie eens stap een klaar gekry nie.

    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/renosters-recovery-en-rage-applying/

    Ons kyk ook na wat in jou kantoor aangaan. Jy doen dit dalk al. Jy weet net nie die naam daarvoor nie.

    Gavin Sterley van Dinokeng-Noord is terug, en ons gesels verder oor bewaring, oor wat dit werklik vat om 'n spesie aan die lewe te hou in 'n wêreld wat nie altyd oplet nie

    Urk. Elke vergadering, elke boardroom, elke "guys kan ons align", gaan daai woord in jou kop opduik.

    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    1 hr and 4 mins
  • Nie Alles met Horings is 'n Ferrari nie
    Jun 3 2026
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/wp-admin/post.php?post=23787&action=edit

    Hierdie week se KLETS begin met rocklegendes… en eindig waar jy dalk twee keer moet dink voor jy 'n Woolies hoender gaan koop.

    Bohemian Rhapsody van Queen is een van die mees iconic songs ooit geskryf. Die goed wat jy nie geweet het jy wil weet nie, maar nou kan jy dit nie "un-weet" nie.

    Die Kruger National Park, het honderd jaar oud geword op 31 Mei 2026. 'n Honderd jaar van leeus, toeriste en die onvermydelike vraag: "Is ons nou veilig in die motor?" Dis ons erfenis en ons trots. Colene en Matthys het die naweek bewys dat die beste out-of-office reply 'n renoster up close and personal is.

    Geordin Hill-Lewis vat Peter Groenewald aan oor die stand van Suid-Afrika se vermiste paroolgevangenise, en ja, die vrae is reg. Maar die DA het self 'n voet-in-die-"bek"-probleem wat nie wil weggaan nie. Die soort embarrassment wat jy vir jou eie span laat skaam kry.

    En omdat ons hou van pyn: hoeveel tax betaal jy eintlik op 'n vol tenk petrol? Die antwoord is genoeg om jou te laat oorweeg om te loop na een van die tien ongelukkigste jobs in die wêreld. Spoiler: een van hulle klink dalk soos joune.

    Dis rock en politiek.
    Dis bomme en belasting.
    Dis KLETS. KLETS - 3 Junie 2026 · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    57 mins
  • Van Fluitjieblasers tot AI-Affairs
    May 27 2026
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/van-fluitjieblasers-tot-ai-affairs/

    Sommige dinge verander nie.

    Die misdaadsyfers is uit. Die petrol gaan op. Die rentekoers dalk ook. En die man wat Suid-Afrika se bekendste skelmsváanger is, het sy eie fluitjieblaser.

    Ons kyk na die werksplek en deel raad oor hoe om beter te wees.
    En praat oor die nuutste manier om jou maat te bedrieg sonder om die huis te verlaat. 1 in 7 doen dit al. En die helfte wens hul regte maat was net so maklik.

    Dis 27 Mei. Niks en ook alles het verander.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    1 hr and 3 mins
  • Die Wêreld Sluk. Kaapstad Verhuur. Ons Dra Blazers.
    May 20 2026
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/die-wereld-sluk-kaapstad-verhuur-en-ons-dra-blazers/

    Die wêreld is op antidepressante. Die Quality of Life Index sê ons leef beter. Jou WhatsApp group verskil.

    Dan die AI wat ons almal effens uncomfortable maak: wetenskaplikes het AI agente in 'n mock wêreld gesit en gekyk wat gebeur. Sommige het oorleef. Sommige het nie. En party het begin besluite neem wat niemand voor reg is nie.

    Kaapstad is op die lys van stede met die meeste Airbnb's ter wêreld. Maar natuurlik, as jy 'n berg en 'n see het, verhuur jy alles. Elke kamer en elke wendy huis met 'n view.

    En dan die vraag wat al lank gevra moes word. Wat doen 'n blazer?

    Dis pille. Dis AI wat oorleef en Kaapstad wat verhuur.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    1 hr and 7 mins
  • Cupcake, Krokodille en Ander Gevare
    May 13 2026
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/krokodille-byt-die-hof-ook/

    Hierdie week se KLETS begin by die hof… want die hof het gepraat, en Cupcake se kieringkies ruik al klaar na braai.

    Die Konstitusionele Hof het sy uitspraak gemaak oor die Phala Phala skandaal, en die vraag is nie meer óf dit seer gaan wees nie. Die vraag is net hoe seer.

    Dan skuif ons na die Kruger.

    Colene het die full breakdown oor die krokodil insident, en saam daarmee, die stats oor krokodil aanvalle en ander wildlife encounters wat nie mooi geëindig het nie.

    Dis ook 'n goeie herinnering dat die natuur jou nie ken nie, jou nie liefhet nie, en definitief nie jou WhatsApp messages lees nie.

    Op die "goeie nuus vir eenkeer" front:
    Suid Afrika se rotte dra blykbaar nie die gevaarlike hantavirus strain nie. Ons rotte is uniek. Anders as die res van die wêreld se rotte. Ons is… trots? Ons dink so.

    En dan die vraag wat niemand hardop gevra het nie, maar almal wou weet: waar in die wêreld is die meeste prostitute? Colene het die syfers. Die antwoord sal jou verras, of dalk glad nie.

    Dis krokodille, rotte en globale statistieke.
    Dis Suid-Afrika in al sy glorie.
    Dis KLETS.

    NS - Hierdie episode is op 9 Mei 2026 opgeneem. Ons probeer so aktueel as moontlik bly, maar die nuus wag vir niemand nie, ook nie vir ons nie. KLETS Video - Krokodille byt. Die hof ook. · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    1 hr and 2 mins
  • Stampe, Stote en Staatsake
    May 6 2026
    Hierdie week se KLETS begin met 'n nuwe hoofstuk, want ons is nou ook op die "TV". Maar nie sonder stampe en stote nie, en dalk 'n bietjie rof om die kante, maar ons is hier. Volgende week is ons minder dronk. Miskien...

    Maar, hier "gaat" ons!

    Ons kyk na Suid-Afrika se beleide en die stoute amptenare wat glo nou AI gebruik. Die probleem? Dit lyk nie of "intelligent" deel van die pakket is nie. Dis tegnologie sonder die "smart", beleid sonder 'n brein, en 'n regering wat op tegnologiese modegiere rondry asof dit 'n plan vervang.

    Dan die vraag wat almal al lank vra: hoe raak jy ontslae van spam calls? Want soos loadshedding en WhatsApp voice notes, begin dit lyk of dit net deel is van die moderne Suid-Afrikaanse lewe. Ons het nie noodwendig die antwoord nie, maar ons het maniere, en dit werk.

    En natuurlik Peet en Mel vs Harry en Meghan. Dis koninklikes, kontroversie en 'n gesukkel, alles in een episode saamgepak.

    Dis nuwe platforms en ou probleme.
    Dis amptenare met AI en spam calls.
    Dis koninklikes en staatsake.

    Dis nie perfek nie… maar dis KLETS.

    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ai-sonder-intelligensie-spam-calls-en-koninklike-chaos/ Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026? · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    1 hr and 10 mins