KLETS cover art

KLETS

KLETS

By: Afrikaans.Radio
Listen for free

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing veranderAfrikaans.Radio Politics & Government Social Sciences
Episodes
  • Voëls, Buste en die Blou Reshuffle
    Jun 24 2026
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/voels-buste-en-die-blou-reshuffle/

    Colene is in die Kaap. Die land van melk en heuning.

    Die DA het ook so 'n belofte gemaak. Hierdie week het hulle net besluit party mense kry die melk, party kry die heuning, en party kry die deur. Steenhuisen is gedemote, ander is geskuif en ander is weg. Dis nie 'n reshuffle nie, dis 'n statement.

    Dan die navorsing.

    Colene het die syfers. Watter lande het die grootste borste? En watter lande het die grootste penisse? Nou weet jy presies watter vlug jy moet bespreek.

    En Peet Viljoen? Amerika was net die hors-d'œuvre. Hier in SA kry hy die ware Jakob. SA se grense loop al oor van mense wat nie gevra was om te kom nie, en nou begin hulle self wegloop, want die land van melk en heuning lyk anders van naby af.

    Dis DA en data.
    Dis Peet en mense wat pad gee.
    Dis Otto en ander groot ontdekkings.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    53 mins
  • Ons is nie kwaad genoeg nie
    Jun 17 2026
    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ons-is-nie-kwaad-genoeg-nie/

    Dis 50 jaar sedert Soweto se strate gebrand het, sedert kinders in skooluniforme besluit het dat genoeg genoeg is. Ons het 'n insert oor 16 Junie 1976 en wat regtig daar gebeur het. Hulle was kwaad. Is ons vandag kwaad genoeg?

    Matthys was in die platteland en ontnugter oor hoe dit daar lyk. Dit gaan nie oor verval as 'n statistiek nie, dit gaan oor hoe 'n land lyk as niemand kwaad genoeg is nie. Colene se water vertel dieselfde storie. Vuil. Nie per ongeluk nie. Vuil op 'n manier wat sê: ons het gewoond geraak. En dit is 'n gevaarlike plek om te wees.

    Ons verwag meer van die DA, want hulle het ons meer belowe. Al hoeveel jaar lank. Nog 'n eier op die gesig is nie net embarrassing nie, dit is genoeg.

    En Elon Musk is ryk. Nie net ryk nie, "rykste-mens-op-aarde" ryk. Die soort ryk waar jy in jou leeftyd nie die geld sal kan gebruik nie. Ons "tril" 'n bietjie. Soos mens doen.

    Dis vuil water en beloftes.
    Dis die kwaad wat ons skuld aan daai kinders in uniform.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    55 mins
  • Renosters, Recovery en Rage Applying
    Jun 10 2026
    Hierdie week se KLETS begin met twaalf stappe. Die wêreld het nog nie eens stap een klaar gekry nie.

    *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/renosters-recovery-en-rage-applying/

    Ons kyk ook na wat in jou kantoor aangaan. Jy doen dit dalk al. Jy weet net nie die naam daarvoor nie.

    Gavin Sterley van Dinokeng-Noord is terug, en ons gesels verder oor bewaring, oor wat dit werklik vat om 'n spesie aan die lewe te hou in 'n wêreld wat nie altyd oplet nie

    Urk. Elke vergadering, elke boardroom, elke "guys kan ons align", gaan daai woord in jou kop opduik.

    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    Show More Show Less
    1 hr and 4 mins
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
No reviews yet