Pers strate, groen gewete
Failed to add items
Add to basket failed.
Add to wishlist failed.
Remove from wishlist failed.
Adding to library failed
Follow podcast failed
Unfollow podcast failed
-
Narrated by:
-
By:
About this listen
In hierdie lente-episode van Kosreis staan Francette stil by die prag van die Jakaranda-seisoen en die groter boodskap wat dit bring - om met sorg en respek teenoor Moeder Aarde te leef. Sy gesels oor besoedeling, plastiek en eenvoudige maniere waarop ons elkeen ‘n verskil kan maak in ons kombuise en huise.
Van die 5 stappe wat ons kan gebruik as 'n padkaart na herwinning (weier, verminder, hergebruik, doelvernuweing en herwin) tot praktiese waterbesparingswenke en komposmaak met kosoorblyfsels. Hierdie episode herinner ons dat gesonde leefstylkeuses nie net ons liggame voed nie, maar ook die aarde genees.
Temas in hierdie episode:
- Die simboliek van die Jakaranda en die siklus van nuwe lewe
- Die impak van plastiek en chemikalieë soos BPA en ftalate
- Wat jy in jou kombuis kan doen om water- en kosafval te verminder
- Hoe om ‘n eenvoudige komposhoop te begin
- Klein daaglikse stappe om meer volhoubaar te leef
Luister na hierdie episode van Kosreis en herontdek die vreugde van 'n eenvoudige, bewuste leef vir jou, en vir Moeder Aarde.
Aanbieder: Francette Bekker
Instagram
@kosreis
Instagram & Facebook
@francettedietitian
Webtuiste
www.francettedietitian.com
E-pos
chatwith@francettedietitian.com
Vrywaring gelees deur aktrise en sangeres Sanli Jooste. Vind haar op Instagram @sansings89