Melt Sieberhagen
Failed to add items
Sorry, we are unable to add the item because your shopping cart is already at capacity.
Add to basket failed.
Please try again later
Add to wishlist failed.
Please try again later
Remove from wishlist failed.
Please try again later
Adding to library failed
Please try again
Follow podcast failed
Unfollow podcast failed
-
Narrated by:
-
By:
In die Afrikaanse komediewêreld is Melt Sieberhagen een van die prominentste figure, veral onder 'n nuwe geslag akteurs. Sy bekendheid strek egter wyer as net in komediesirkels: Hy is ook 'n gerekende en geliefde TV-, film- en verhoogakteur, regisseur, redigeerder, skrywer en stemkunstenaar. Van bekendste produksies waarby hy betrokke was, sluit in Proesstraat en Fynskrif (TV), Poena is koning en District 9 (film), en Nagskofkliek (verhoog).
Melt gee 'n noukeurige analise van wat bedoel word met "gemotiveerd" as mense sê "vloek moet gemotiveerd wees". Hy identifiseer spesifieke parameters waaraan die gemotiveerdheid gemeet kan word. Hy praat ook – gebaseer op sy eie ervaring – oor die verskille tussen komedie, skerpsketsery, roskamming ("roast") en improvisasiekuns. Ter afsluiting gee hy insig in die wêreld van oorklanking.
[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]
NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
No reviews yet