Dr Lonell Coetzee cover art

Dr Lonell Coetzee

Dr Lonell Coetzee

Listen for free

View show details
Colene druk haar neus in die wolke in die gesprek met Dr Lonell Coetzee. Lonell is onder andere ‘n bekroonde lugbeheer kontroleerder of beter bekend as ‘n “air traffic controller”, helikopter vlieënier en instrukteur. Sy is gesout in vele aspekte van die besigheid van lugvaart bestuur. Daar is geen tyd vir leeglê in Lonell se dagboek nie. Haar nuutste skepping “The Henley Aeronautical Institute of Learning” bied vars loopbaan geleenthede binne die lugvaart industrie vir beide groentjie studente asook lewenslange leerders. Haar determinasie en entoesiasme is aansteeklik en sy skryf baie van haar sukses toe aan die kwaliteit van aanpasbaarheid wat sy geleer het as kind binne ʼn lugmag familie wat gereeld basis moes skuif. Een ding is verseker, Lonell se vlerke is veels te groot om ooit geknip te word. Ons gesels ook oor rolmodelle, bronne van inspirasie, kinders grootmaak en diesel enjins! Henley Aeronautical Institute of Learning · Afrikaans.Radio · My Neus in jou Besigheid
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
No reviews yet